Die Transvaalse Hoëveld Part.2

Boerenrepublieken

I remember my Dad telling of a terrible snow storm in which hundreds of springbok died.  He sent out wagons and collected the dead animals.  He made £400 out of their skins alone.

“An old man, who lived on the farm before the Landsbergs, told him how he used to listen to the elephants shrilling and the lions roaring from the vicinity of the river at night.  He also said that the countryside teemed with game.” (Middelburg Observer, 20 September 1974).

Soos uit die aanhaling afgelei kan word, was daar ook heelwat roofdiere in die omgewing wat die boere heelwat hoofbrekens besorg het.  Om die waarheid te sê, die “Witbank Piscatorial and Angling Society” het die naweek van 3 en 4 Mei 1914, lelik skrik op die lyf geloop met ‘n paar luiperds.  Hulle het die betrokke naweek by die Booysensdam gaan visvang en het die nag daar oogebly.  Omstreeks 12uur die nag het twee luipers die osse aangeval en konsternasie in die kamp veroorsaak, veral omdat hengelaars gewoonlik nie met gewere en ammunisie na die viswaters gegaan het nie (Middelburg Observer, 8 Mei 1914).

Soos in die koerant berig word, het hulle in hulle nagklere en met behulp van karbiedlampe (“lime-lights”) die luierds probeer verwilder.  Die dames, wat afsonderlik in tente oornag het, het besluit om hulleself te beveilig deur klippe om die tent te pak en “gladstone bags”, d.i. kleretasse met twee kompartemente van sagte materiaal gemaak, by die bek van die tent staan te maak.  Bo-op die sakke het hulle leë paraffienblikke gepak en ‘n bak water daarop staan gemaak, met die bedoeling dat indien die luiperd die tent sou wou binnegaan, hy die sakke, blikke en water sou omstamp en deur die lawaai verwilder sou word (Middelburg Observer, 8 Mei 1914).  Die een luiperd het weer sy opwagting gemaak maar nadat ‘n vrou ‘n elektriese lig in sy oë geskyn het, het hy groot geskrik en gevlug (Middelburg Observer, 8 Mei 1914).

Te oordeel aan die wyse waarop wild deesdae nog hier aard, kan daar afgelei word dat die groot troppe wild waarna verwys word in die werke van Baines en Atcherley nie ‘n versinnebeelding was nie.  Trouens op 1 Junie 1891 is daar “Regulaties” deur die Zuid-Afrikaansche Republiek Regering uitgevaardig waarby die “Jacht op Bokken en Vogels” verbied word (Staatscourant 1 Junie 1891).  Volgens foto’s van daardie tyd, het die omgewing uit uitgestrekte grasvelde bestaan met baie min bome, behalwe vir enkele lekkerbreekbome, soetdoringbome en ander struike in die klofies, aflope van spruite en langs die Olifantsrivier.

Gemeet aan die hedendaagse koue temperature in die winter, was die gebied baie koud in die winter en het die meeste gras doodgeryp.  Die meeste groen gras vir die wilde deire was langs die riviere en spruite waarvan daar talle in die omgewing was.

  AUTHOR
Uitreksel van die ongepubliseerde boek "Geskiedenis van Witbank"

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Driver loses control on wet road