Die oorsprong van Witbank Part.2

Tydens ‘n besoek aan die hoëveld op pad na die laeveld, doen hy by Nazareth (die huidige Middelburg) aan (Atcherley 1879). Hy het, volgens sy boek, talle persoonlike geprekke met boere in feitlik die hele oostelike gedeeltes van Transvaal gevoer, en het ook opgrawings gedoen en handel gedryf. Ook hy het die die mynbedrywighede in die Steenkoopspruit, naby Van Dyksdriftmyn, besoek afgelê en sy ervaringe soos volg beskryf:

“A seam cropped out in spruit-bank, and was some six or eight feet in thickness. A few sackfuls were cut and placed in the wagon for future use. It was not all bad coal, being something similar in quality to that known in Lancashire as the ‘Arley main’. The boërs do not use much of it, preferring to do their cooking with bricks made of cow-dung, which burn with a steady glow and answer their purpose better. One whom I met informed me that he had formerly used it, but that now the depth to which he had to cut was too great to make it worth his while going to the trouble of getting further supplies. Upon my questioning him, this extreme and inconvenient depth probed to be twelve feet. What would our English pit-sinkers say to this?” (Atcherley 1879-220)

Daar moet op gewys word dat dr. Atcherley met die skrywe van sy boek die groot geleenthede en ekonomiese moontlikhede vir die steenkool-neerslae in die Oos-Transvaal beskryf het. Een van die opvallendste opmerkings wat dr. Atcherley in hierdie verband gemaak het, was soos volg:

“Coal crops out in this manner in many parts of the Transvaal. At Lake Chrissie, in New Scotland (die huidige Breyten-omgewing) there are two seams cropping out within a mile of each other, the upper one being over thirty feet in thickness. There can be little doubt but that the whole High Veld is one immense coal field, which at some future day is destined to play a most important part in the history of the world’s industry” (Atcherly 1879: 220)

Ook merd Eric Rosenthal dat Duncan Campbell Francis Moodie, lid van die Moodie-familie wat die bekende De Kaap Goudvelde by Kaapschehoop naby Nelspruit geborg het, soos volg geskryf het (MacMillan 1934: 284):

“For an extent for over 100 miles, good coal crops up on the roadside, on the banks of rivers, everywhere in fact, and is the customary fuel on the inhabitants. Seams of coal 30 feet in thickness exist, and wagons are backed into it and filled with first-class coal with the same ease that a wagon might be filled with rock from an ordinary mountain. This coal the Boer delivers at considerable distances at about 15 shillings a ton…” (Rosental in MacMillan 1934: 284).

Ten spyte van die groot vonds, het dit lank geneem vir die Hoëveldese Transvalers om te besef dat ‘n ekonomies lewenvatbare dorp of stad op die ongelooflike groot steenkoolveld suid van Middelburg, die destydse hoofstad van die streek, opgerig kon word. Daar was in hierdie stadium nog geen sprake van ‘n dorpie, of selfs ‘n mydorpie met die naam “Witbank” nie.

Volgens getuienis in die Straatcourante van 1895 tot 1900 was daar wel ‘n amptelike spoorwegstasie met die naam “Witbank”. Oënskynlik is die stasie en die gehuggie wat by die stasie onstaan het, “Witbank” genoem, vernoem na die wit sandsteenbanke waaronder die steenkool in die omgewing, begrawe lê. Die plaas “Witbank” het tot langs die Olifantrivier gestrek, maar dit was volgens getuienis, redelik swak landbougrond, soveel so, die die inwoners spottenderwys daarna verwys het as “hongerplaas” (Witbank News, 16 August 1935: 3).

In die omstreke van 1890 het die waarde van plase begin toeneem nadat daar vasgestel is dat mielies redelik goed in die gebied aard. Ook het die snelle toename in die vraag na mielies as bron van die stapelvoedsel vir die talle mense aan die Witwatersrand en omstreke, meegebring dat die pryse van saaiplase in die Witbank distrik, begin toeneem het (Witbank News, 16 August 1935: 3). Dit was ook in hierdie stadium dat Samuel Stanford himself in die omgewing van Witbank kom vesig het. Hy was een van die kleurrykste pioniers van Witbank wat ‘n besondere groot rol in die geskiedenis van Witbank gespeel het.

  AUTHOR
Uitreksel van die ongepubliseerde boek

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Driver loses control on wet road