Die oorsprong van Witbank Part.4 – Die Pretoria-Delagoabaai-spoorlyn

SA Coal Estates Steamtrain

Op 17 Mei 1884 is ‘n ooreenkoms met die regering van Portugal aangegaan en is ‘n deputasie van President Kruger nie minder nie as drie keer in die Koninklike hof van Portugal onthaal, waanydens die Koning vir President Kruger vereer het.

Netsoos die voormalige President Burgers, wou President Kruger ‘n verkorte spoorlyn na die naaste en geskikte hawe vind om die Zuid-Afrikaansche Republiek afhanklikheid van die Britse state in die Kaapkolonie en Natal te vermy.

Ongelukkig was daar ‘n hele aantal burgers in die Zuid-Afrikaansche Republiek., die spoorwegplan teengestaan het vanweë hulle ervaring met die skuldlas wat deur President· Burgers met sy mislukte spoorwegplan gely het. Die vrese het ontstaan dat die spoorweg inkomste van die transportryers in die wiele sou ry. Heelwat transportryers het dan van die, Pretoria- Delagoabaai-roete gebruik gemaak om goedere en negosieware van die Rand na. Delagoabaai te vervoer.

Een van die uitspanplekke was in die Hoëveld-omgewing, waar daar sulke wit sandsteenbanke bo die grond sigbaar was en waar steenkoolriwwe bo die grond uitgekom het (Baines 1877: 113).

Toe die hoofgoudrif aan die Witwatersrand ontdek is, het die noodsaaklikheid vir ‘n spoorlyn na ‘n nabygeleë hawe onvermydelik geword. Die ander kolonies het ook spoorverbindings met die Zuid- Afrikaansche Republiek gesoek aangesien hulle die
geleenthede ingesien het.
In Maart 1887 was die regering van die Zuid-Afrikaansche Republiek verplig om die konsessiehouers te waarsku dat hulle binne ses maande met die uitvoering van die kontrak moes begin. Die goudontdekking in die Transvaal het natuurlik die beleggings-moontlikhede in die gebied versnel, en dus die investering van Nederlandse en Duitse kapitaal moontlik gemaak. Ten einde die finansiele beleggings te verstewig en vastigheid te kon bewerkstellig.  Sover vasgestel kon word, was die Zuid-Afrikaansche Republiek Regering bewus van die steenkoolbronne in die Nazareth-omgewing (wat later Middelburg geword het), en het die spoorlyn as ‘n goeie belegging gesien. Die Nederlansche Zuid-Afrikaansche Spoorwegmaatschappij moes die spoorlyn vanaf die Mosambiekse grens, waar dit met die spoorlyn vanaf Lorenco Marques sou aansluit, tot in Pretoria bou.

Daar was soos volg berig:

“Within a month after signature of this contract (die Van Hattum-kontrak), the contractors have to deposit £8’333 with the Company as a guarantee of good faith. The contractors must give preference to Dutch workmen on the line, and to Dutch and German factories for materials.” (The Transvaal Advertiser, 2 September 1891).

Sammy Marks van Pretoria was goed bevriend met President Kruger en toe die werk die ooreenkomste vir die bou van die spoorlyn gefinaliseer was, het Sammy Marks die spoorlyn gesien as ‘n vername afset vir die steenkoolmyn op sy plaas “Schoongezicht” (Standard and Diggers News, 19 April 1899).

Volgens getuienis was die Transvaal Consolidated Coal Co. onder die beheer van Marks en Lewis. Hy het egter vir President Kruger oorreed om ‘n kinkel in die spoorlyn te maak om ook by sy plaas “Schoongezicht” steenkool te laai. Hy het die steenkoolmyn daar ontwikkel en het nie slegs steenkool aan die lokomotiewe verskaf nie, maar ook bunkersteenkool in samewerking met die ander steenkoolmyne na Lorencoo Marques bemark (AlIen 1971: 150-1; asook Standard and Diggers s, 19 April 1899).
soldmine
Nadat al die probleme opgelos was, het die konstruksie van die spoorlyn goed gevorder en is dit in November 1894 voltooi (Muller 1980: 287). ‘n Langverwagte ideaal van Presidente Burgers en Kruger is uiteindelik verwesenlik. Vanwee die groeiende vraag na alererlei vorme van steenkool, veral bunkersteenkool vir die nuwe skepe wat oor die oseane begin vaar het, het die steenkool van Witbank a1 hoe groter in aanvraag geraak. Aan die Witwatersrand het die koue winters meegebring dat ‘n groot vraag na steenkool vir verbruiksdoeleindes ontstaan het. Die Witbank-myne was in staat om in die vraag te voorsien, met die Witbank-Pretoria-spoorlyn.

  AUTHOR
Uitreksel van die ongepubliseerde boek "Geskiedenis van Witbank"

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Besigheid ‘verdrink’ in riool