Groen pyltjie toe ’n witflits

Dit is feestyd, almal rits rond vir kers geskenke of vakansie maar vir mnr. Carlos Da Silva het die feestyd verander in beserings en skade.

CV199ars
Die ongeluks tonneel in Mandelastraat waarin die wit Ford bakkie en Nissan trok betrokke was op Vrydag, 11 Desember (Foto: Power Khumalo).

Op Vrydag, 11 Desember was Da Silva besig om te ry in Mandelastraat. Hy het van die N4-snelweg se kant gekom.

“Ek het van werk af gekom, oppad huis toe,” het Da Sliva gesê.

Hy het sy flikkerlig aangehad by die verkkerslig wat in Bethalstraat indraai. Die groen pyltjie het aangekom vir die verkeer wat regs draai.

CV199brs
Die paramedici van ER24 nooddienste besig om een van die beseerdes na die ambulaans te dra na die ongeluk op Vrydag, 11 Desember in Mandelastraat (Foto: Power Khumalo).

“Ek het rustig in die kruising na regs gedraai toe sien ek net ’n witflits,” het hy gesê.

Daar word beweer dat die drywer in ’n wit Nissan trokkie teen ’n hoë spoed oor ’n rooi verkeerslig is. Hy het mnr. Da Silva, in sy poging om regs te draai, getref wat veroorsaak het dat Da Silva se bakkie gerol het.

“Ek het eers in die hospitaal wakker geword en besef wat eintlik gebeur het,” het hy vertel.

Die ER24 nooddienste was dadelik op die tonneel waar beide mnr. Da Silva en die ander drywer mediese behandeling ontvang het voor hulle na Life Kosmos Hospitaal geneem is.
Da Silva is erg beseer in die ongeluk en is na gelaat met 17 steke in sy kop asook harsingskudding.
Na bewering het die drywer van die Nissan trokkie net ’n skraap in sy gesig en paar kneus merke op sy liggaam weggestap.

“Ek is so bly ek het oorleef, dit beteken seker dat ek ’n tweede kans gekry het,” het Da Silva ten slotte gesê.

  AUTHOR
Chrisuné Vermeulen
JOURNALIST/PHOTOGRAPHER

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

getit_witbankcosmosgazettelooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Groentjies ingewei

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other