Die man met die Mazda

CV275rs

’n Onbekende man in ’n silwer Mazda doen sy rondtes by skole in eMalahleni.
Op 7 Maart het Anzel Lourens, na skool, soos elke ander dag gewag vir die bus om haar en haar maats huis toe te neem toe ’n onbekende man in sy motor sy tweede verskying aan haar maak.

“In die begin van die jaar het dieselfde man as wat Maandag in sy silwer Mazda by my kom stop en met my en my maats begin praat maar ons het hom ignoreer en begin wegstap,” het Anzel gesê.

Die man het glo na die skoolkinders begin wegstap het, uit sy kar geklim en hulle begin volg.
Anzel het nie iets van dit gemaak nie, aangesien dit net eenkeer gebeur het maar toe die man die skoolkinders weer benader het, het sy onraad vermoed en sy registrasie geneem.

“Hy het dadelik met my in die groep gepraat en gevra of ek nog steeds bang is vir hom,” het sy verder gesê.

Op die ingewing van die oomblik het sy haar vriend vertel van die man, waarop die twee dit onder die personeel se aandag gebring het.

“Toe ons weer buite kom was hy weg,” het sy ook gesê.

Daar het toe glo twee matriek meisies tevore gekom en ook beweer dat daar ’n man met dieselfde motor by hulle gestop het.

CV275rs
Die silwer Mazda wat al ’n geruime tyd by Hoërskool Generaal Hertzog stop en ‘n man wat meisies probeer uitlok om in die kar te klim.

“Die meisies het ons vertel dat “die man het ons aanwysing gevra na die lisensie kantore toe. Ons het hom verduidelik waarop hy gesê het hy is deurmekaar en gaan verdwaal en dat ons saam hom moet ry en wys.”

Die twee skooldogters het dadelik iets vermoed en so vinnig as moontlik wegkom.

Rika van der Merwe, ’n ander bekommerde ma het op die sosiale media blad, Facebook geplaas dat,

“my dogter sê dat daar ook ’n donker Mercedes is wat gister by die skool gestop het met ’n onbekende man wat uitgeklim het en met een van die dogters wou praat, maar sy het weg gehardloop.”

Verder het sy beweer dat die man toe vir ’n rukkie na die voorval bly op en af ry het in die straat.

“Asseblief waarsku julle dogters van die gevaar al moet hulle in die skool se erf sit tot die ouers hulle gaan haal,” het Rika ook bygelas.

“Ek is bly Anzel en daardie twee ander skoliere was darem paraat en het dadelik onraad vermoed, maar as ons niks gaan doen nie kan die man se volgende teiken laerskole wees,” het Anzel se ma, Frances Lourens ten slotte gesê.

LEES OOK:

Unknown man tries to pick girl up out of trolley
Ouers waarsku teen talentsoekers

Latest News

COMMENTS

getit_witbankcosmosgazettelooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top