Meisie word kaal op sypaadjie wakker

“Hoekom ek?” het die meisie hortend gevra na ’n voorval waarvan sy niks kan onthou nie.

Die 19-jarige meisie tas verward in haar geheue rond, op soek na antwoorde na ’n beweerde verkragting in die vroeë oggendure van Saterdag 9 Julie.

Trane het in haar groot bruin oë opgedam, terwyl sy probeer onthou het, maar in haar gedagtes het die donker gat geen antwoorde nie.

Sy kan net die gebeure voor sy net na middernag ‘weggeraak’ het, onthou.

“Ek en ’n vriend is na ’n braai na ’n gewilde nagklub toe. Daar het ons by ’n tafel gesit en ek het ’n paar slukkies van ’n Savanna gedrink,” het sy vertel.

Sy onthou hoe sy en haar vriend, wat ook anoniem gehou word, gaan dans het en hoe sy na die dans na hul tafel teruggekeer het.

ze303-2rs
’n 19-jarige meisie soek antwoorde nadat sy in die vroeë oggendure van 9 Julie kaal naby dié kragdistribusieboks in Paulstraat gevind is.

“Daar was ’n vrou wat oorkant ons by dieselfde tafel gesit het, sy het na ons drankies en my beursie gekyk, terwyl ons gedans het.”

Die meisie onthou hoe haar vriend opgestaan en gaan dans het, verder is alles net ’n donker kol van niks.
Intussen het die vriend agtergekom die meisie is weg en hy het die nagklub deursoek, maar kon haar nie vind nie.
Hy het haar ouers naderhand gebel.

“Ons was waansinnig. Ons kind was êrens, niemand het geweet waar nie. Ons het wanhopig op en af in die strate gery en by elke dansklub en nagklub omgery en haar gesoek. Selfs by die nagklub waar hulle was kon niemand ons help nie,” het die ma gesê.

Intussen het ’n egpaar wat in Paulstraat, Del Judor, bly wakker geword toe hulle angsbevange gille hoor.

“Ons het dadelik uitgegaan en ’n jong meisie, met net haar kousies aan voor ons hek gesien. Dit was verskriklik koud en die arme kind was heeltemal deurmekaar. Sy het my selfoon gevra en iemand gebel wat op hulle beurt haar ouers in die hande gekry het,” het die vrou gesê.

Die vrou het gesê die hele voorval speel oor en oor soos ’n rolprent voor haar af en dit spook by haar.

“Ons het nie geweet wie die meisie is of wat die omstandighede was nie. Ons het haar toegedraai en polisiestasie toe geneem waar haar ouers reeds vir ons gewag het,” het die vrou vertel.

“Ek kan nie die verligting beskryf nie. Al wat saak gemaak het is die wete dat my kind leef,” het die ma gesê.

Die meisie se ouers het later uitgevind dat wat ook al met haar gebeur het, agter ’n groot kragdistribusieboks in Paulstraat plaasgevind het.

Hulle het haar klere later die oggend ’n entjie verder van die boks af gekry.

“Haar bra se knippies was nog vas en al haar klere onderstebo, asof iemand haar uitgetrek het,” het die ma gesê.

Daar word bespiegel dat sy terugbaklei het omdat haar naels gebreek was, sy ’n merk oor haar neus gehad het en haar enkel seer is.

“Ek probeer sin maak uit hierdie hel uit. In my agterkop weet ek, ek moes by die nagklub badkamer toe gegaan het. Ek onthou takke wat oor ’n muur hang. Ek wil weet wat gebeur het, tog is ek so bang om te weet, asof iets my blok.”

Die takke waarna die meisie verwys hang oor die muur aan die agterkant van die kragboks.
Die eienaar van die nagklub het gesê hulle is besig om na al die videomateriaal te kyk en as daar ongerymdhede is sal hy die polisie dadelik verwittig.

Die meisie se klere is vir ’n forensiese ondersoek gestuur. Daar word nog gewag op uitslae om te hoor of sy wel verkrag was of nie.

Name word weerhou om die meisie se identiteit te beskerm.

LEES OOK:
Woman became a victim of rape in Extension 16
Rape victim jumps out of window to escape

  AUTHOR
Zita Goldswain
Assistant Editor

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

getit_witbankcosmosgazettelooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Sewage dams up once again