Baba-huis se deure maak toe

uMephi – Kabod Huis se deure gaan toemaak.

Klein babatjies gaan nie meer daardie veilige hawe hê om na heen te gaan as hulle weggegooi word nie. En dis presies hoe babatjies daar beland, hulle word weggegooi.


Me. Antoinette Greyling, huismoeder van Kabod Huis deel ’n oomblik saam met die seuntjie. Hy het net 850g geweeg met geboorte en is in die hospitaal agtergelaat.

Die finansiële krisis het sy tentakels diep in die stad ingeslaan. En dis die grootste rede hoekom Kabod gaan toemaak. Die AGS Neo Doxa Kerk kan nie meer die perseel waar Kabod is aan die organisasie gee nie omdat die kerk dit finansieel nie meer kan bekostig nie.

“Die gemeente het benewens die koste van administratiewe en oorhoofse bestuur van die huis, ook oor die jare die bedryfsuitgawes gedra bo en behalwe die subsidie van die staat en donasies,” het pastoor Johan Steyn (presiderende leraar) gesê.


Dié dogtertjie is by asblikke gevind. Hierdie vroeggebore babatjie was toegedraai in ’n lap en het maagklep probleme gehad. Dit was ’n ewige stryd om haar melkies in te hou.

Pastoor Steyn het bygevoeg dat daar begrip moet wees dat die gemeente in die huidige ekonomiese klimaat nie alleen die welsynsprojek kan dra nie. Daarom het dit noodsaaklik geword dat Kabod Huis ’n gemeenskapsprojek moet word.
As die gemeenskap inspring en help om die huis te ondersteun sal die kerk die huis steeds beskikbaar stel vir Kabod Huis. Tans is die huis se begrotingstekort ongeveer R25 000 per maand. Kabod is ’n nie-winsgewende organisasie wat steun op skenkings en daar is net nie genoeg om die huur elke maand te dek nie.

Me. Antoinette Greyling, huismoeder van Kabod se hart is al leeg gehuil. Sy het die anker geword van die kindertjies sonder heenkome, kindertjies sonder ’n stem, sonder ouers wat vir hulle kan baklei.


Hierdie dogtertjie se haartjies was spierwit weens wanvoeding en gebrek aan vitamines. Sy het in Desember by Kabod Huis beland en het op ’n jaar net 3kg geweeg. Sy kon glad nie aan ’n bottel drink nie en het die eerste ruk baie siek geword van kos omdat haar liggaam dit nie gewoond was nie. Sy kon nie sit of kruip nie, maar moes al kon loop.

“Ons moed is in ons skoene, hierdie is reeds weerlose babas en kindertjies wat uit die samelewing deur hul ouers wat hulle moet beskerm, weggegooi is. Elke liewe kindjie wat in my sorg geplaas word is ek lief voor. Ek help met die grootmaak van hierdie klein mensies, waarvan van hulle maar ’n paar uurtjies oud is. Hulle is so vol vertroue, elke keer as hulle hul eerste ordentlike voeding gulsig by my drink na hulle so verhongerd in my sorg geplaas word kyk hulle op in my oë en ek glo hulle weet ek is daar vir hulle elke oomblik van elke dag,” het Antoinette gesê.

Elke kindjie in Kabod het reeds hul eie gruverhaal. Van ’n baba wat onder ’n boom gelos is vir honde om op te vreet, klein poppies wat op ashope agtergelaat is tot ’n eenjarige wat weens wanvoeding maar 3kg geweeg het en babas wat in gemorspos toegedraai is en op ’n treinspoor gelos is.

Daar is niks wat jou so nietig laat voel soos wanneer daardie ondervoede kind vir jou glimlag deur al die trauma of wanneer die ashoop-babatjie haar eerste tree gee nie. Daardie gesiggie as hulle die eerste keer ’n vrug proe of ’n tuisgemaakte bordjie kos eet, iets wat hulle nie ken nie, dit word diep in jou gedagtes ingegraveer.
Skielik word hulle klein mensies, wat skaam-skaam naderkom vir nog ’n happie.

Met trane wat oor haar wange stroom het Antoinette haar hande vasgeklem en gepleit,

“Hoe kan ek hierdie huis sluit? Hoe kan ek hierdie pragtige kindertjies weer weggooi? Hulle enigste plek van standvastigheid van hulle af wegruk. Soos ons hartseer stories omdraai in die grootste suksesse word ons huis altyd gevul met ’n nuwe gesiggie ’n nuwe storie, ’n nuwe heelmaak proses, ’n nuwe begin. Daar sal altyd weerlose kindertjies wees wat om aandag smag, kindertjies wat iemand nodig het wat veilig moet wees. Kabod is ‘n lighuis op honderde kindertjies se pad hoe kan ek daai lig laat verdoof….”


Sulke berigte haal gereeld hoofopskrifte in die media.

Daar is reeds 55 sukses verhale, waarvan twee blank en 53 swart is, van perfek aangepaste kleuters wat reg is om die wêreld in te gaan en die lewe te omhels.

“Vandag in stiltetyd het God gesê ek moet baklei vir hierdie kindertjies se behoud. Terwyl ek betraand Psalm 42:6 lees waar ek toevalling my Bybel oopslaan, het ek toe besluit om vir ons pragtige Kabod Huis kindertjies op te staan en te praat, kindertjies wat geen sê het in die toets waarvoor die lewe hulle geplaas het nie. God het my by Kabod geplaas om daardie plek in te neem ek is die stem, ek is die naaste aan ’n ouer wat daai weggooikindertjies ken. As ek nie vir hulle opstaan nie wie anders sal, so het ek besluit om my vertroue diep in God te sit, my hand in Syne en die pad te stap tot op die einde.”

Skakel Antoinette op 082 488 0449 vir meer inligting oor die situasie waarin Kabod hulself bevind.

Pastoor Steyn doen ’n beroep op die gemeenskap om met vindingryke idees na vore te kom om die baba-huis se deure oop te hou.

As jy betrokke kan raak skakel 013 656 6284 of 082 388 3387.

LEES OOK:
Kabod House and Huis Betsie Louw receive generous contributions
Generator stolen from Kabod House

  AUTHOR
Zita Goldswain
Assistant Editor

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

getit_witbankcosmosgazetteAutodealer.co.za
Top
Recommended Story x
En daar gaat die krag toe

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other