Want jy is vrou

Dis Augustus-maand en dames, dis ons beurt om bederf te word.

Ons is so geskape dat ons kan ‘multi-task’. Ons kan ons beroepe uitoefen en nog steeds saans by die huis kom en kos voorberei, help met huiswerk, na manlief se gesels luister en ons oog op die nuuskanaal hou.

Môre staan ons op, maak die bed op, kry die kleingoed reg vir skool, pak kosblikke, sorg dat almal ontbyt eet, antwoord een of twee e-posse, boodskappe en selfs oproepe. Ons baklei met die mislikepaliteit, want die water is af, groet manlief, laai die kinders by die skool af en begin ons dag.

Ons lag en ons huil, ons kan ’n sagtheid laat deurskemer, maar ons kan ook baklei vir dit waarin ons glo.
Dit bring my na ’n paar fenomenale vroue in ons gemeenskap wat my pad al gekruis het.

Ouma Gladys Harmse wat die eerste senior suster was wat by Witbank Hospitaal die leisels opgeneem het. Sy het ook vir ’n ruk by Life Cosmos Hospitaal afgelos as matrone. Ouma Galdys straal wysheid uit en haar onuitputbare liefde vir die lewe is so aansteeklik. Na ’n koppie boeretroos sien jy kans vir als wat die lewe jou kant toe gooi.

Dan is daar die klein botteltjie energie, Annemarie van Heerden wat die leisels by Solidariteit se Helpende Hand styf vashou. Sy het ook haar eie suksesvolle besigheid en tog maak sy tyd vir haar medemens. Annemarie se horlosie het meer syfers as myne, want wat sy als gedoen kry verdien ’n handeklap.

Lesley Vermeulen het al diep spore in my hart gehardloop. Sy is maar een van ’n handjievol hardlopers wat met reg kan sê,

“Ek het om die wêreld gehardloop.”

Lesley het al die hekkies in haar hardlooploopbaan gedeel en so deel geword van my pen die afgelope paar maande.
Ek onthou nog daardie eerste oproep toe sy in ’n klein stemmetjie sê,

“I am going to run around the world, but I can’t do it alone.”

Van daar af het ek en WITBANK NUUS lesers elke tree saam met haar gehardloop.

Ek het Saterdagaand die kans gekry om met Ouma Marie Roux te gesels. Sy is ’n inwoner van Immergroen Tehuis vir Bejaardes en vier in November haar 97ste verjaarsdag.

Sy het gesê dat sy elke oomblik van haar lewe geniet, want dis ’n geskenk.
So kruis ons paaie met baie inspirerende vroue.

Ek het iewers raakgelees ’n vrou is soos n klavier, al die note sit op die regte plek. Die man moet leer om die note reg te speel, dan sal die mooiste musiek uit daardie klavier kom. Druk die verkeerde note en jy sal ’n wanklank kry. Dit hang nie van die vrou af watse musiek te voorskyn moet kom nie, alles hang van die man af.

So meneer, gaan tap vanaand daardie borrelbad, skink daardie soetetjie, sit haar gunsteling tydskrif op haar bed neer en waardeer haar.

So hoor ek die Engelsman agter my brom: “Ek dra die broek in die huis”.

Hmmm, ook net wanneer ek hom toestemming gee.

  AUTHOR
Zita Goldswain
Assistant Editor

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Wen die koue

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other