Ghoema-wenner kom sing hiér

Jennifer Zamudio is geen vreemdeling op eMalahleni se verhoeë nie.

Vanaf 2012 het sy al plaaslike verhoeë met kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis en Theuns Jordaan gedeel en die harte van menige ondersteuners verower.

Op die verhoog is Jennifer ’n onbeskryflike bondel energie en met haar natuurlike aanvoeling vir vermaak kry sy vinnig ’n gehoor in die palm van haar hand.

Haar spontane weskus-humor en gemak laat menige konsertganger skater van plesier, terwyl hulle maar net nie kan stilsit tydens een van haar vertonings nie.

Jennifer stap in 2017 weg met twee Ghoema Musiektoekennings vir Beste Country Album en Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar.

Op 25 Augustus tree sy by Mystical Mansion Gastehuis in Gordonweg op.

Kaartjies is slegs R120 per persoon en R60 vir kinders o.12.

Daar is ook eksklusiewe tafels beskikbaar teen R2 000 per tafel – maksimum van 12 persone, wat vingerhappies en wyn insluit.

Kerrie-en-rys sal ook te koop aangebied word en daar is ’n kontantkroeg beskikbaar.

Bespreek vandag nog by 082 895 8320 of 082 466 5383 of besoek die R5 Price Beat winkel, in Oppermanstraat, agter Pick n Pay Klipfontein vir jou kaartjiebesprekings.

Sien jou daar!

  AUTHOR
Amanda Botha

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
HGH hou weer Big Brag!

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other