Hein se wenslysie

Hein Vermaak is net 9-jaar oud, maar anders as maats van sy eie ouderdom gaan hy nie skool toe nie, neem hy nie deel aan sport nie, lag en gesels hy nie oor kattekwaad nie, want hy baklei teen kanker.

Hein het Neuroblastoma Fase 4, ’n aggressiewe en dodelike soort kanker wat besig is om sy tol te eis.

Sy ouers Yolande en Coenie Vermaak het die ontstellende nuus gekry dat Hein tussen twee maande en ’n jaar het om te leef.

Hier is die wenslysie wat Hein met WITBANK NUUS lesers deel:

’n ‘Motorhome’. By die Vermaak-gesin se huis staan die ‘motorhome’ reeds want die welsynsgroep Caring Daisies het R50 000 daarvoor inbetaal.
’n Werkende Ironman-pak.
’n Bababoetie of -sussie.
’n Besoek aan Amanzimtoti.
’n Besoek aan die Kruger Nasionale Park
Om geen swaartekrag te hê nie.
’n Microsoft kaart vir Xbox1 om speletjies mee te koop.
’n Nintendo 3DS met baie speletjies.
Om in ’n hotel te gaan bly met ’n warmwater swembad, speletjies en kamerdiens.
Om oor Suid-Afrika heen te kampeer.

Om Hein se reis te volg, volg gerus sy Facebook-blad: Hein’s journey.

  AUTHOR
Zita Goldswain
Assistant Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Win, win, win!