update


Groenteboer sterk goed aan na aanval

’n Kleinhoewe groenteboer sterk tans in ’n hospitaal in Johannesburg aan, nadat hy oor die naweek by sy huis aangeval is.

Mnr. Mike Botha (45) het vir omtrent vyf ure in ’n houthuisie op sy kleinhoewe in Riverview gelê, voordat ’n vriend Saterdag 2 September tot sy redding gekom het.


Mnr. Mike Botha (45).

Hy het erge beenbeserings opgedoen nadat die aanvallers hom met ’n skoffel geslaan het. Hy is ook daarna gemartel.
Volgens mnr. Willem Botha, het sy broer omtrent 06:15 wakker geword van ’n klop aan die deur.

“Een van sy werkers het vir hom gesê dat hy hulp nodig het met ’n slang in die erf. Mike het voor geloop en die werker het hom glo van agter met ’n skoffel teen die been bygedam waarna hy vir Mike na sy blyplek, ’n houthuis op die erf, gesleep het.”

Volgens Willem is Mike se been van agter, onder die knie tot voor oopgeslaan met die skoffel en kon hy glad nie loop nie.

Mnr. Willie Erasmus, ’n goeie vriend van Mike het omstreeks 11:00 by Mike se huis aangekom en nie vir Mike of sy bakkie gesien nie. Met die vermoede dat Mike net gou gery het, het Willie en sy dogtertjie na die varke gaan kyk.
Willie is toe ook deur dieselfde man aangeval en daar het ’n geveg tussen die twee ontstaan.


Mnr. Mike Botha (45) is Saterdag 2 September op sy kleinhoewe aangeval. Hy sterk tans aan in ’n hospitaal in Johannesburg.

“Die veiligheid van my kind kom eerste, ek moes haar veiligheid verseker, en het haar na die bure toe gevat. Teen hierdie tyd was die verdagte reeds weg, ek dink te voet. Ek het vir Mike gaan soek en hom in een van die werkers se houthuisies gekry,” het Willie kort na die gebeure op die toneel vertel.

Willie moes die deur van die houthuisie af skop om Mike uit te kry.

Daar was ook vermoedelik meer as een verdagte, want Willie het gehoor hoe die verdagtes mekaar roep.

Lees die VOL BERIG in die WITBANK NUUS uit vandag

LEES OOK

NUUSFLITS – Man op plot aangeval

OPVOLG – Slagoffer van plotaanval in stabiele toestand

  AUTHOR
Melissa Nel
JOURNALIST/PHOTOGRAPHER

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Protesters granted bail