Inbrake soos ’n verslawing

Die hewige probleem met misdaad in eMalahleni is al lank nie meer ’n geheim aan die publiek nie, soos inwoners een of meer kere beroof of besteel word.

Op Vrydag, 8 September het me. Nadene Labuschagne by ’n leë huis gekom na ’n dag by die werk. “

Die is nie die eerste keer dat hulle by ons ingebreek het nie, maar die sewende keer binne twee maande. Mense sal sê dis ons eie skuld dat hulle ons so rot en kaal besteel want ons moet ekstra sekuriteit implementeer, maar ons huur nog net drie maande hier en die agentskap weier om ons kennis te aanvaar,” het sy gesê.

Die eerste keer het die booswigte toegang verkry deur die voordeur, hulle het die traliehek oopgesny met ’n boudsnyer en die voordeur oopgebreek.

“Die diewe het al my elektriese ware gesteel. Hulle het selfs seker gemaak my honde is weer veilig in die erf en die voordeur toegetrek,” het Labuschagne vertel.

Haar verloofde het daar en dan begin om veiligheid te verbeter by hul nuwe tuiste in Ben Fleur, maar tevergeefs.

“Hy het eers na die agentskap waarby ons huur gaan klop en gevra wat ons kan doen vir beter sekuriteit, maar hulle het gesê dit is ons verantwoordelikheid. Ons het toe begin draad span en klein verbeteringe gemaak, maar toe kom verras die diewe ons weereens.”

Die volgende keer het diewe by Labuschagne se tuiste kom peuter terwyl sy en haar twee kinders alleen by die huis was.

“Dié inbraak het my die meeste geraak, want ek en my kinders was in my kamer en het hulle nie eers gehoor inkom nie. Toe my babaseuntjie begin huil, het ek eers die geraas in die sitkamer gehoor. Ek het gaan kyk wat aangaan, toe ek sien my voordeur staan oop.”

Lees die VOL BERIG in die nuutste uitgawe van WITBANK NUUS op die rakke vandag

ALSO READ

Verdagtes vasgetrek tydens inbraak

Een inbraak nie genoeg nie

  AUTHOR
Chrisuné Vermeulen
JOURNALIST/PHOTOGRAPHER

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Inbrake vier hoogty