AJ is gesond

Die Schrenk-gesin staan bont, want klein AJ is terug by die huis.

Hy het luidskeels in die agtergrond gekla toe sy mamma, me. Annemarie Schrenk vertel het dat geelsug die oorsaak van AJ se skielike agteruitgang was.

“AJ het geelsug van geboorte af gehad, maar dit was sluimerend. Hy het op drie weke begin geel raak en omdat sy liggaampie so hard teen die geelsug moes baklei was hy baie vatbaar vir infeksie. Hy het infeksie opgedoen en dit het na sy orgaantjies versprei.”

AJ is nou gesond en dit alles te danke aan die goedheid van mense.

AJ het verlede week hoofopskrifte gehaal toe die gemeenskap saamgestaan het om hom in ’n privaat hospitaal te kry nadat hy skielik siek geword het.


AJ Schrenk is by die huis.

Annemarie het haar tot sosiale media gewend toe dokters by die provinsiale hospitaal verskeie diagnose gemaak het en haar vyf-weke oue seuntjie vir elke diagnose verskillende medikasie gegee is.

“Hulle sê hy het simptome van lewerversaking en sy magie bly opswel en styf word,” het sy bekommerd gesê.

Sy en haar man, Stephan het by Life Cosmos Hospitaal aangeklop vir hulp en hulle het AJ dadelik opgeneem sonder om twee keer te dink.

Child Medi Organization het hulle rekening beskikbaar gestel sodat fondse vir AJ inbetaal kan word om sy hospitaalkostes te dek.

LEES OOK

AJ is oorgeplaas na Kosmos

AJ het dringend hulp nodig

  AUTHOR
Zita Goldswain
Assistant Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
En so leer ons

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: