Rowers op snelweg platgetrek

Rowers se dag het gekom na die South African Community Crime Watch (SACCW) lede van die steenkooldorp hul op die snelweg vasgetrek het.


Die kar wat gebruik is in die rooftogte.

Op Woensdag, 1 November het die begin van ’n nuwe maand die einde aan drie rowers beteken toe hul na ’n inbraak en rooftog in beide Modelpark en Hoëveldpark vasgetrek is.

“’n Noodoproep het op SACCW se kanaal deurgekom waar die inwoner om hulp gevra het na ’n rooftog in Wattlestraat. Verskeie reaksielede van ons het dadelik die toneel ontbied toe nog ’n noodkreet deurkom op die kanaal,” het me. Maureen Scheepers van SACCW gesê.


Die gesteelde goedere wat gevind is.

Terwyl die reaksielede besig was op die eerste toneel is hulle in kennis gestel oor die tweede voorval asook meer inligting oor die verdagtes en voertuig wat gebruik is.

Reaksielid, mnr. Frik van Dyk het met ’n haas na Floridastraat gegaan en daarin geslaag om die rowers op te merk in hul voertuig.


Die toneel waar die rowers vasgetrek was

Van Dyk het die mans deur Mandelastraat reg deur tot op die N12 snelweg gejaag.

“Deur al die gebeure het SACCW reaksie lede steeds kontak gehou oor waar die verdagtes hulself bevind. Ongelukkig het daar ’n stadium gekom waar hulle die rowers verloor het maar steeds nie opgegee het nie,” het Scheepers bygelas.

Lees die VOLLE BERIG in vandag se uitgawe van die WITBANK NUUS

LEES OOK

Rowers steel tekkies van man se voete af

Rower noodlottig gewond in skietery

  AUTHOR
Chrisuné Vermeulen
JOURNALIST/PHOTOGRAPHER

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Rowers gebruik messe

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: