Drie voertuie gesteel, een voertuig amper weg

Drie voertuie is in verlede week gesteel, en geen leidrade dui aan waar die voertuie kan wees nie.

Op Vrydag 3 November is ’n voertuig by Saveways Crescent parkeer en is net skoonveld toe die eienaar uit die winkel kom. Hy het aan polisie vertel dat hy verseker het sy voertuig was gesluit toe hy dit buite gelos het.

Nog ’n voorval het op dieselfde dag plaasgevind in Tasbetpark toe die verdagte agterkom sy voertuigsleutels en beursie is weg. Die voertuig was steeds in die erf, maar dit blyk of daar wel met dit gepeuter is.

’n Wit Ford Ranger is op hierdie dag gesteel in Springbokstraat. Die slagoffer het vertel dat sy huis, die motorhuis die hek en die voertuig gesluit was. Hy het glo ’n geluid buite gehoor en gesien dat die voertuig gesteel is.

In ’n ander voorval, op Donderdag 2 November het die slagoffer aan polisie vertel dat sy vriend se voertuig by die slagoffer se huis gestaan het en alles was reg toe hulle die aand gaan slaap het. Maar hy het ongeveer 05:30 wakker geword en gesien dat die Tata bakkie nie meer daar is nie.

Hierdie sake word steeds ondersoek en geen leidrade dui tans na enige verdagtes nie.

LEES OOK

Van ’n goeie hart na gesteelde voertuig

Gelukkige einde na voertuig gesteel is

  AUTHOR
Melissa Nel
JOURNALIST/PHOTOGRAPHER

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Te kort aan geestelike gesondheidsdienste