Brand by besigheid vinnig geblus

’n Brand by ’n besigheid het in Saterdag se reënweer ontstaan, glo as gevolg van ’n elektrisiteitsprobleem.

Mnr. Attie van Wyk, ’n reaksielid van die South African Community Crime Watch (SACCW) het Saterdagaand, 25 November vlamme opgemerk by ’n besigheid in die Klipfontein industriële area. Hy het dit ingeroep en dadelik is die brandweer en Langamed Fire and Rescue na die toneel ontbied.

“Ek het rook by die gebou sien uitkom en dit het amper gelyk of iemand agter braai. Maar, toe ek van nader kyk het ek die vreeslike swart rook gesien en het dit ingeroep. Dit was net na 19:00 die aand gewees,” het Van Wyk gesê.


Nooddienste op die toneel in Klipfontein waar ’n brand Saterdag, 25 November by ’n besigheid uitgebreek het.

Volgens mnr. Carl Muller, eienaar van die besigheid, was die brandweer redelik vinnig daar, saam met Langamed en die brandis geblus voor dit kon versprei. Hy het gesê dat die brand ontstaan het as gevolg van elektriese stuwings, met die krag wat aan en af gegaan het. Dit het veroorsaak dat een van die

fluoresserende ligte smelt en op batterye geval wat die brand veroorsaak het.

“Niemand is in die voorval beseer nie en die brand was gelukkig net in een van die stoorkamers waar dit ontstaan het. Drie van die werktuigkundiges was nog in die gebou, hulle het gewag vir die krag om aan te kom. Gelukkig het dit nie na die motors op die perseel versprei nie, net sommige onderdele en motors in die stoor is beskadig,” het Muller Dinsdag, 28 November gesê.

LEES OOK

Vrou kritiek na brand haar oorval

Huis herbou na brand

  AUTHOR
Melissa Nel
JOURNALIST/PHOTOGRAPHER

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Want jy is vrou