Grypdiewe dreig met messe

Die aantal rooftogte met wapens anders as vuurwapens skiet die hoogte in.

Op 21 November is ’n kontrakteur oorval deur twee verdagtes na hy ’n kwotasie by ’n kliënt gaan aflewer het in die Sentrale Besigheidsgebied (SBG). Die rowers het na bewering die slagoffer probeer kaap deur hom met ’n mes te dreig, maar kon dit nie regkry nie en is te voet weg net met sy selfoon.

Enkele ure na die eerste voorval het nog twee verdagtes op ’n man afgestorm en van sy selfoon in die SBG beroof.

“Ek weet dat dit baie gevaarlik in die gebied van ons dorp is, maar wat maak ’n mens as jy besigheid moet doen hier. Ek het elke veiligheidsmaatreël toegepas en steeds is die skelms slimmer,” het mnr. Ernest Maree gesê.

Hy het verder vertel dat die voorval plaasgevind het soos enige ander grypdiefstal maar dat dit

“wreder word omdat hulle altyd iets iewers moet uitpluk om seer te maak,” het Maree gemeen.

Die verdagtes het hom gelukkig nie seergemaak nie, maar is met sy splinternuwe selfoon weg.
Op 24 November is nog ’n voorval Witbank Polisiestasie aangemeld.

Die klaer, mnr. Christopher Mendu het te voet geloop na sy tuiste in Klarinet toe hy deur drie mans agtervolg is.

“Ek het vinniger begin loop toe een van die verdagtes my inhaal en ’n mes op my rig, ek het nie twee keer gedink nie en my rugsak aan hulle gegee. Hulle het vinnig oor die voetbrug gehardloop en verdwyn,” het Mendu gesê.

Nog geen arrestasies is gemaak nie, maar polisie is besig met verdere ondersoek.

“Inwoners moet paraat wees. Dié tyd van die jaar is grypdiewe en rowers besiger as gewoonlik. Wees maar altyd op jou hoede, waar jy ookal gaan,” het plaaslike polisiewoordvoerder, sers. David Ratau gewaarsku.

LEES OOK

‘Kinders’ gebruik mes om te roof

Mes teen die keel

  AUTHOR
Chrisuné Vermeulen
JOURNALIST/PHOTOGRAPHER

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Klipgooiers doen dit weer