Vrouens bly eerder in Jan Tuisbly se karretjie

Me. Cathy Joannou se karvenster is Vrydagaand 5 Januarie uitgeslaan en ’n dief het probeer om haar handsak uit haar kar te gryp.

Vrouens word weereens gemaan om nie saans alleen te ry nie.

In twee afsonderlike voorvalle is twee vrouens oor die naweek deur onbekende mans verras wat daarop uit was om hul goed te roof.

Me. Erika Barnard het vertel dat die voorval waarin sy betrokke was Vrydagaand 5 Januarie omstreeks 19:40 op die Swartbosbrug plaasgevind het.

“Ek het van die Engen Garage afgekom nadat ek gou goedjies daar gaan koop het. Twee mans het skielik voor my kar ingespring. Die een het na die kar voor my toe gehardloop en die ander het sy gesig teen die venster aan my linkerkant gedruk. My eerste reaksie was om die toeter te druk. Die verkeerslig was skaars groen toe maak ek dat ek wegkom,” het sy vertel.

Net ’n rukkie daarna is me. Cathy Joannou ook geteiken.

Sy was ongeveer 20:30 op pad terug van ’n ete af huis toe.

Omdat sy in Reyno Rif bly het sy in Mandelastraat na Paul Sauerstraat gery.

By die laaste verkeerslig by die afrit na die Pretoria en Johannesburg snelweë was ’n trok besig om stadig te draai.

Die ander motors agter haar het linksom gery. Toe die verkeerslig rooi slaan was haar kar die enigste wat nog daar gestaan het.

“Vanuit nêrens nie het ’n man iets na my venster toe gegooi. Die karvenster het nie heeltemal uitmekaargespat nie, maar die man het nog steeds gekom en die stukke venster met sy hande uitgeruk. Hy het homself deur die venster gewurm en na my handsak gegryp wat op die passasiersitplek was,” het Joannou vertel.

Sy het met alle mag haar handsak terug gepluk en met haar skouer op die kar se toeter gedruk terwyl sy die man met haar vuiste toegetakel het.

“Gelukkig het daar jong mans in ’n Golf agter my gestop en dit het die dief afgeskrik.”

Joannou het by die Total Garage gestop waar die petroljoggies en die jongmans in die Golf haar bygestaan het tot haar man opgedaag het.

“Vrouens moet asseblief nie laat in die aand alleen ry nie. Dis baie gevaarlik, ons is maklike teikens. Ek is nou meer paraat en as ek nie hoef te ry in die aand nie, sal ek nie,” het Joannou gesê.

LEES OOK:

Feesseisoen vir kapers

  AUTHOR
Zita Goldswain
Assistant Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Vrouens glo in bos verkrag

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: