Twee jaar later en Blanchville-brug is steeds nie herstel

Die brug in Secondstraat, Blanchville wat ineengestort het op 18 Maart 2016.

“En nou is dit twee jaar later en die inwoners voel steeds dieselfde want die munisipaliteit se beloftes bly leeg,” het ’n moedelose inwoner van Blanchville gesê.

WITBANK NUUS het op 18 Maart 2016 al begin berig oor die groot vloede wat gemaak het dat die brug in Secondstraat, Blancheville ineengestort het.

Menige kere het die munisipaliteit die inwoners beloof dat die herstelproses besig is om plaas te vind, maar dit blyk net leë beloftes te wees.

ALSO READ:

Man dead after eMalahleni floods

Plans in the pipeline for Blanceville bridge

Verlede jaar Desember het inwoners gejuig toe dit aan die lig kom dat daar wel ’n jaar later iets omtrent die brug gedoen gaan word na ’n kontrakteur aangestel is om die werk te doen.

Die goeie nuus was egter van korte duur, want die kontrakteur het werk gestop omdat die munisipaliteit hom nie betaal het nie.

Die kontrakteur het glo al die kostes aangegaan vir die bou van die brug, maar is nooit terugbetaal nie.

Die DA-raadslid van Blanchville, mnr. Roy Cronje het geen terugvoer gehad voor druktyd nie.

Ook van die munisipaliteit woordvoerder, mnr. Kingdom Mabuza is geen woord ontvang nie.

  AUTHOR
Chrisuné Vermeulen
JOURNALIST/PHOTOGRAPHER

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
The rape of a minor has been reported

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: