Swanger vrou loop huis toe na kapingsdrama

Twee kapings en ’n kapingspoging is in vier dae by Witbank Polisiestasie aangemeld. Tydens een van die kapings is ’n swanger mamma aangerand en naby Middelburg afgelaai.

Dié kapingsdrama het Vrydag 6 Julie helder oordag op die hoek van Nita- en Mandelastraat gebeur.

“Ek was om 09:30 besig om met my vrou oor die telefoon te praat toe ek net ’n harde slag hoor en haar hoor skree ‘nee, nee, nee!’ Alles binne in my het op daardie oomblik tot stilstand gekom. Skielik was haar selfoon net af,” het die slagoffer se man, wat verkies om anoniem te bly, gesê.

Hy het in sy kar gespring en dadelik begin soek. Die kar was ’n huurkar en hy het die maatskappy vanwaar hulle die kar huur, geskakel om die opsporingstelsel te aktiveer.

Die man het gehoop om sy vrou se presiese ligging vas te stel met die opsporingstelsel. Ongelukkig het die stelsel, wat net ’n kort rukkie vantevore geïnstalleer was, nie gewerk nie.

Die man het na Middelburg se rigting gejaag opsoek na sy vrou.

Mnr. Hendri Appelgryn, plaaslike voertuig opsporingsagent vir verskeie maatskappye is deur die eienaars van die huurkar se opsporingsmaatskappy gekontak om die kar te probeer opspoor.

LEES OOK

Mislukte kaping verander in skietgeveg

Verwag enige tegniek vir kapings

“Ek het ontdek dat die opsporingstelsel in die kar op 17 April laas opgedateer het. Ons het niks leidrade gehad om op te werk nie.”

Appelgryn het die beskrywing van die voertuig en die insident op 12 verskillende sosiale netwerke geplaas. Hyself het die strate ingevaar opsoek na die vrou.

Die vrou se man het Appelgryn 17:19 gebel en gesê sy vrou het nou net by die huis aangekom.

Volgens haar het twee mans haar gekaap en ’n derde hulle in ’n ander voertuig agtervolg. Omdat haar voertuig nie brandstof ingehad het nie, het die kapers haar in De La Reystraat in die ander voertuig ingedwing en haar kop op die agtersitplek afgedruk.
Hulle het haar naby die buurdorp afgelaai en aangerand.

“Toe hulle weg is, het my vrou tot by die snelweg geloop. ʼn Ouerige man het by haar gestop en aangebied om haar eMalahleni toe te neem. Sy het egter geweier om saam met die man te ry. Hy het toe vir haar R50 gegee om koeldrank mee te koop. Sy het tot by die huis geloop.”

Appelgryn het gereël dat Legacy Emergency Specialists haar hospitaal toe neem vir ’n ondersoek omdat die kapers haar ook tydens die aanranding in die maag geskop het.

“Ek het gebid dat die babatjie die ervaring sal oorleef. Die woorde ‘beaten’, ‘bruised’ en weerloos is hoe ek die oomblik kan beskryf. Mamma was emosioneel uitgeput, maar tog sterk vir haar ongebore baba,” het Phillip du Plessis, paramedikus gesê.

Die vrou was nog té getraumatiseerd om met die media te praat, maar die man het gesê hulle sien nou uit na die koms van die nuweling in hul familie.

Nadat iemand die stuk oor die gekaapte kar op sosiale netwerk raak gelees het, het hulle Appelgryn geskakel wat die kar toe in De La Reystraat met die sleutel nog in die aansitter gekry het.

In die ander twee kapings is ’n man op 4 Julie omstreeks 01:40 sy voertuig kwyt toe gewapende mans hom oorval het. Hulle het sy selfoon, bestuurderslisensie, beursie en ander kaarte gevat. Hy het dit reggekry om uit die kar te spring en het weggehardloop.

Op 6 Julie is ’n bestuurder van die pad afgedruk en het hy ’n trok gestamp in ’n poging om die kapers te ontvlug.

  AUTHOR
Zita Goldswain
Assistant Editor

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: