Jy skuld dit aan jouself

Wanneer realiteit aan jou voordeur klop, moet jy dikwels antwoord, al wil jy partykeer nie.

Angs het ’n droë woestyn warrelwind agter in my keel gemaak, ek het woordeloos begin skaak speel binne myself nadat ek by ’n Kansa-oorwinningsdag foto’s geneem het.

Die koningin beskerm haar koninkryk en sy kan nie bekostig om te struikel nie. Tog is daar soms struikelblokke wat op ons pad gesit word om ons spoed te breek, ons te laat onthou dat ons net een lewe het en ons dit ten volle moet leef.

Die koninginne, party kaalkop, party met haartjies wat net-net begin uitgroei, party wat die holte waar hul borste eenswas met met oorgrote hemde en serpe wegsteek, het kop omhoog gesit en gesels oor hul oorwinningspaaie.

Skielik bevind ek myself op ’n smal bedjie. In my kop sein ek boodskappe na God toe uit, wees my genadig, spaar my dit, help my om hierdeur te kom.

’n Gerusstellende sagte stem probeer my laat ontspan. My brein sonder die koue hande en instrumente uit en lê klem op die rede hoekom ek hier is. Tussen die tolbossie gedagtes kry ek skaam en bid dat dit so gou as moontlik oor is.

Toe begin die gewag. Drie dae lank probeer ek elke moontlike scenario skep en terselfdertyd ’n oplossing vind vir die moontlike struikelblokke wat reeds in my onderbewussyn plek gemaak het.

Skielik lui die selfoon en dieselfde sagte stem sê dat ek nog piekfyn is.
Om vir ’n papsmeer te gaan lê swaar op ons elkeen se hart.

Behalwe dat jy baie ontbloot voel, glo ek dat ons nie wil weet dat ons moontlike kankergewasse of selle in ons het nie. As ons verby realiteit kan kyk, is ons oukei, of is ons regtig?

Servikskanker is op een na die algemeenste kanker onder Suid-Afrikaanse vroue ̶ daarom my hartsvriendinne wil ek julle elkeen uitdaag om so gou as moontlik ’n afspraak te maak vir jou papsmeer.

Hou in gedagte, ‘Ons kan nie aanhou om ’n ander se beker te vul as ons s’n leeg is nie’.

  AUTHOR
Zita Goldswain
Assistant Editor

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: