Die Transvaalse Hoëveld Part.1

Boerenrepublieken

Op die ongewone plat hoëveld het ‘n groot hoeveelheid gras in die verlede gegroei wat ideaal vir veeboerdery was.  Die swart gemeenskappe, naamlik die maNdebele (wat later Matabele geword het), die Bapedi en swerweling Swati’s het die hoëvelde bewoon.  Volgens getuienis was die gebied yl bevolk, veral vanweë die koue winters van die gebied.  Witbank self is 1’646 meter bo seespieël en is sowat 160 kilometer oos van Johannesburg en 97 kilometer oos van Pretoria geleë.  Die gemiddelde dagtemperatuur van die gebied in die somer is 24.5°C met ‘n gemiddelde dagtemperatuur van 19.3°C in die winter.  Die gebied ontvang ook gemiddelde reënval van 734.4 mm per jaar.

Nadat die blanke Voortrekkers die Transvaal en veral die Pretoria-omgewing beset het, het talle van hulle as veeboere, na goeie weiding vir hulle vee gesoek.  Die rigtings waarna gekyk was, was die ooste van Pretoria en reeds teen 1849, het heelwat gesinne hulle in die omgewing van die huidige Balmoral bevind, weens die uitgestrekte grasvelde en gematigde klimaat (Stadsraad van Witbank:  Statistiese opgawe 1987).  Ter bevestiging van hierdie feit word verwys na die Kaart en Transport van die gedeelte van die plaas “Eensaamheid No.35”, distrik Steenkoolspruit, waarvan die oorspronklike plaas deur P.J. Vorster, volgens kontak No. 6796, gedateer 8 November 1870, besit was.

Volgens die kennisgewings oor jagpermitte en geslote jagseisoene in die Middelburg-Witbank-omstreke, wat in die Middelburg Observer van 2 Mei 1908 verskyn het, was daar root hoeveelhede kleinwild in die gebied, veral in die noordelike streke van Middelburg-Witbani (Middelburg Observer, 2 Mei 1908).  Trouens die groot troppe wild het talle jagters getrek en soos thomas Baines in 1877 oor groot troppe blouwildebeeste gesryf het:

“The Boers here have abandoned their great clumsy roers and now shoot with ‘Westley Richards’ and other rifles, vieing with each other for the possession of the gun capable of killing at the longest range.  Beside this they make up great battues and drive the game into rivers, where they are drowned or shot in crowds for their skins…” (Baines 1877: 114)

Ook het Rowland Atcherley in 1879 oor die groot wildtroppe in die Witbank-omgewing soos volg geskryf:

“The amount of game was something astounding.  For miles around, the face of the country was absolutely moving with the buck, which mights easily be approached within two or three hundred yards.” (Atcherley 1879: 215).

  AUTHOR
Uitreksel van die ongepubliseerde boek

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
The N11, an undiscovered tourist gem