Misongelukke bring groot skade

Die N12-snelweg was weer vroeër die week besaai met verskeie ongelukke wat as gevolg van digte mis, plaasgevind het.
Op Maandag, 4 Julie het vier ongelukke hier plaasgevind en voertuie het in stukke langs die pad gestaan.

’n Suzuki Swift, Nissan NP 200 en ook ’n Volkswagen Touran was net sommige van die voertuie wat in hierdie ongelukke betrokke was.

“Ons is gelukkig nie beseer nie,” het sommige van die betrokkenes gesê. “My nek is net seer van die impak, maar die skade is gelukkig nie veel nie,” het ’n ander motoris gesê.

Mc598-1rs
Die Mazda Drifter wat betrokke was in die ongeluk in Mandelastraat op Saterdag, 2 Julie.

In die yskoue weer het motoriste gewag vir die polisie om verklarings te neem terwyl hul afsprake vir eers opsygeskuif moes word.

Motoriste het vertel van die bose kringloop van hierdie ongelukke.

“Een voertuig ry teen ’n ander vas, en dan begin opeenhoping van voertuie,” het ’n ander motoris terloops bygevoeg.

Mc598-2rs
Een van die voertuie wat byna uitmekaar geruk is in misongelukke op die N12-snelweg Maandagoggend, 4 Julie.

Nog ’n ongeluk het Saterdag, 2 Julie omstreeks 19:30 in Mandelastraat plaasgevind. ’n Audi Q5 en ’n Mazda Drifter het gebots na die Mazda na bewering uit Mariastraat wou draai.

“Ons het vanaf OR Tambostraat se kant gekom, toe ek net skielik die bakkie voor my sien. Die ongeluk was toe al onvermydelik, en ek het die Mazda gestamp,” het die bestuurder van die Audi gesê. Hy het verkies om anoniem te bly.

Die insittendes van die Audi is sonder beserings gelaat, terwyl die insittendes van die Mazda deur Legacy Emergency Specialists behandel is vir kopwonde. Geen ernstige beserings is tydens hierdie ongeluk opgedoen nie.

Mc598-3rs
Die Volkswagen Touran het ook baie skade gely weens die misongelukke op die N12-snelweg op Maandag, 4 Julie.

Madelon Troskie van die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het Woensdag gesê dat hulle Nood Reaksiespan direk in kontak is met veiligheidsbeamptes van verskillende myne om eMalahleni. Die windsterkte, mis asook sigbaarheid op die snelweë se inligting word deurgegee en dadelik aan die publiek oorgedra.

WITBANK NUUS sal ook op datum bly met hierdie verwikkelinge en inligting sal op www.witbanknews.co.za beskikbaar wees.

“Ons is hier vir die publiek van eMalahleni en om te verseker dat almal veilig is op ons paaie. Ons het wonderlike samewerking van die Emalahleni Munisipaliteit wat onmiddellik verkeersbeamptes uitstuur om die snelweg toe te maak indien nodig,” het Troskie ten slotte gesê

LEES OOK:
42 Cars in 18 accidents on N4 highway
N12 mist accident turns fatal

  AUTHOR
Melissa Claassen

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
National Colouring Book Day