Vlamme kan geskiedenis nie uitwis nie

Die Volksmoord Museum in Balmoral het afgebrand.
Vlamtonge het Woensdag 5 Oktober gulsig aan die gebou gelek waar geskiedkundige skatte tot onlangs toe gehuisves was.

Langs die museum vertel die kindergraffies wat in netjiese rye in die konsentrasiekampkerkhof lê die geskiedenis van die Anglo-Boere-oorlog.

Minstens vierhonderd vroue en kinders het in dié konsentrasiekamp in die 1900’s gesterf.
Die kinders en vroue het in konsentrasiekampe gebly na die konsentrasiekampwetgewing op 16 Junie 1900 afgekondig was. Volgens die wetgewing moes die Britte, as deel van die verskroeide-aarde beleid, enige Boere wat weerstand bied se huise afbrand en hulle vroue en kinders as krygsgevangenes na kampe wegvoer. Op dié manier kon hulle die Boere weghou van die kos- en ander voorrade wat noodsaaklik was om met die stryd voort te gaan.

ze419-1rs
Die Volksmoord Museum in Balmoral is nou net ’n dop van stene.

Volgens geskiedenis was daar teen die middel van die 1900’s meer as 30 van hierdie kampe geskep.
Geskiedenis vertel ook al is die Vrede van Vereniging op 31 Mei 1902 geteken, vrouens en kinders die konsentrasiekampe nie kon verlaat nie. Hulle kon nie huis toe gestuur word voor hulle nie met hul mans herenig is nie. Van dié mans was in oorsese krygsgevangekampe. Baie weduwees moes op die ou einde alleen terug gaan na verwoeste plase en afgebrande huise. Teen die einde van Oktober 1902 was daar slegs 87 mense in Balmoral se konsentrasiekamp oor. Die kamp is klaarblyklik teen die einde van November 1902 toegemaak.

Die Balmoral kampkerkhof word vandag in stand gehou as ’n erfenisterrein, maar die gebou was nie deel daarvan nie.
Een van die direksielede van die Balmoral Vestiging Koöperatief Beperk het gesê, die gebou wat as die museum gebruik was, sal nie onder die huidige direksie herbou word nie.

Hy het ook genoem dat die grond verkoop is aan ’n persoon, wat anoniem gehou word en hulle nie kan sê of die herbou van die gebou in die nuwe eienaar se beplanning is nie.

ze419-2rs
Die kindergraffies in die konsentrasiekampkerkhof op Balmoral.

Oud-kommandant Willem Ratte wat die gebou gebruik het om sy erfenisskatte uit te stal, het dit later daar verwyder omdat dit verniel en die gebou gereeld in vandale se oog was.

Hy het gesê die gebou kan herstel word, maar dit gaan afhang van die nuwe eienaars.

“Gaan hulle die veldbrand gebruik om van ’n lastige Boere erfenis herinnering ontslae te raak, of gaan hulle terugkeer na die doel waarvoor die gebou opgesit is in die eerste plek? Onthou dit was die aanvanklike verwaarlosing, en toe die insluiting van die museum in die grond wat verkoop is wat die museum blootgestel het aan die situasie waar niemand die museum beskerm het teen die brand nie,” het hy gesê.

Ratte se geskiedkundige nalatenskap is veilig in sy bewaring.

Die graffies wat wit uitstaan tussen die swartgebrande gras en die gedenknaald wat oor hulle waak is vir nou genoeg om die onthou-van-gister te bewaar vir geslagte wat kom. Vlamme kan die gras brand, dit kan ’n gebou tot ’n leë dop laat, maar dit kan geskiedenis nie uitwis nie.

*’n Vrou is dood nadat sy op Woensdag 5 Oktober deur vlamme oorval is, net ’n entjie van die Volksmoord Museum af.

LEES OOK:
Vrou dood na verwoestende veldbrand
Fire spreads into police station vicinity

  AUTHOR
Zita Goldswain
Assistant Editor

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: