Polisie slaan toe op dwelmhandelaars

Dwelmhandelaars is verlede week vasgetrek nadat hulle betrap is waar hulle besig was om dagga te verkoop.

Op Sondag, 30 Julie het ’n polisiebeampte woord gekry van ’n verdagte wat glo dwelms verkoop en het die bewerings gaan ondersoek. Met aankoms by die huis in Klarinet het polisie glo rookwalms en musiek vanuit ’n agterkamer in die erf opgemerk.

Die huis is deursoek en die beampte het twee plastieksakkies langs die bank aangetref. Hier was glo dagga in en nog dagga is in die res van die huis aangetref.

Op Woensdag, 26 Julie het polisie op nog dagga beslag gelê toe hulle patrollie gedoen het. In die sentralebesigheidsdistrik, in Mainstraat het polisie ’n verdagte man opgemerk en hy is in sy spore gestop en deursoek. Dwelms is in sy besit gevind en hy is in hegtenis geneem.

Op dieselfde dag het beamptes misdaadbeheer gedoen toe hulle ’n verdagte man by die langafstand taxistaanplek opmerk. Die beamptes het hom deursoek en in sy kouse was daar ’n versteekte deurskynende pakkie, met ’n geel middel in. Polisie wou weet wat dit is, en hy het glo gesê dat dit dwelms is. Hy is gearresteer.

Nog ’n arrestasie is op hierdie dag gemaak toe ’n verdagte man in Rogerstraat in hegtenis geneem is. In sy linker broeksak is daar glo dagga gevind, wat in koerantpapier toegedraai was.

Op Maandag, 24 Julie omstreeks 14:00 het polisie woord gekry van ’n persoon met dagga in sy voertuig in Springbokstraat.

Die verdagte wou eers met polisie se aankoms nie die voertuig oopmaak nie, aangesien hy glo nie geweet het waar die sleutels was nie. Uiteindelik het polisie toegang tot die voertuig gekry en twee vuurhoutjiebokse dwelms is onder die bestuursitplek gevind.

Hy is in hegtenis geneem.

LEES OOK

Woman arrested after being found with dagga

Tracing Unit members arrest three suspects for drugs and dagga

  AUTHOR
Melissa Nel
JOURNALIST/PHOTOGRAPHER

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Polisie se oog is op dwelms