Moeilike jaar vir Immergroen Ouetehuis

Immergroen Ouetehuis se jaarvergadering het op 24 Augustus plaasgevind.

Die afgelope jaar was ’n baie moeilike jaar vir Immergroen. Hoof poste is nie gevul nie, maar met genade is nuwe aanstellings gedoen. Vier lede van die diensbestuur het ook deur die jaar bedank.

Mnr. Martin Coetzee het die proses van verkiesing van diensbestuurlede verduidelik.


Kevin Landman, huishoudelike hoof van Immergroen Ouetehuis oorhandig langdienstoekennings aan (van links) Babsie Wentzel (20 jaar), Josephine Nthuli (20 jaar), Letty Nkosi (10 jaar). Afwesig: Elizabeth Masuku (10 jaar).

“Dit begin met geregistreerde vrywilligers, Immergroen het 27 vrywilligers,” het mnr. Coetzee gesê.

Hy het nog verduidelik dat slegs vrywilligers mag nomineer en stem, en slegs vrywilligers mag genomineer word, maar die nasionale uitvoerende raad kan iemand aanstel om te stem.

Mnr Kevin Landman, huishoudelike hoof het ook langdienstoekennings taan die volgende personeel oorhandig:


Die nuwe diensbestuur van Immergroen Ouetehuis is (van links, agter): Naas Rademeyer, Jannie Sans, Tjaard Cronje, en ds. Frans Steenkamp; (voor) Sipho Zwane, Erika Kazas, en Synthia Charpie.

Me. Babsie Wentzel (20 jaar), me. Josephine Nthuli (20 jaar), me. Letty Nkosi (10 jaar), me. Elizabeth Masuku (10 jaar).

Die volgende nuwe diensbestuurslede is ook voorgestel: mnr. Naas Rademeyer, mnr. Jannie Sans, mnr. Tjaard Cronje, ds. Frans Steenkamp, mnr. Sipho Zwane, me. Erika Kazas, en me. Synthia Charpie.

  AUTHOR
Trevor Aingworth
JOURNALIST/PHOTOGRAPHER

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Dis tyd vir Immergroen se bazaar